Download your FREE digital Camp and Live Guide or Kamp en Leef Gids here!
close [X]

L20 - March 2019

Category: Club News | Author: Trekkers Outdoor Recreation Club |  Date posted:  | Impressions: 47035   1050

Trekkers Buitelug Ontspannings Klub


Posbus 30358
Pellissier
Bloemfontein
051 - 4225827

27 Maart 2019

Beste Laager 20 lede en vriende

Weereens was Mountain View Zastron ’n heerlike wegbreek langnaweek.
Dankie, Andrea vir die reëlings van die naweek en dankie, Hannes en Marilee wat die reëlings by Andrea oorgeneem het. Marilee het vir ons ’n spyskaart uitgewerk, die res van die kampers het by Marilee se lysie ingeval en ons het heerlik saam kos gemaak.

Die Jansen van Vuurens, Poties, Bormans en Van Niekerks het heerlik gekuier. Melizaan dit was aangenaam om jou en Juandre saam met ons te hê. Diens daai woonwa en kom weer saam. Die weer het gewissel van heerlike warm sonskyn, wind en storm reën. Ons het julle ander gemis. Die kinders het heerlik fietsgery en gespeel, op die reuse- groen grasperke.

Ons het een aand baie vaal vleis geëet nadat die reën al die braai en speserye afgereën het. 21 dae bleek sagte matured steak is nie te sleg in die mond nie, maar minder aantreklik op die oog.
Marilee het vir ons poeding gemaak, wat Neels op die vuur gebraai het. Die poeding het langer geneem om gaar te word as wat dit geneem het om almal se vleis te braai. Wynand wou die poeding saggies laat wegraak, sodat daar plek is vir die braaivleis. Marilee het gesê dat sy nooit weer daardie foelie poeding maak nie. Vra asb. vir haar die resep sonder die bak aanwysings voordat sy dit dalk weggooi.

Ons het gaan kyk wat oor was van ons “childhood memories”. Almal is te voet na die Zastron Buitelugskool. Lizette glo ons het haar 20 km laat loop berge op en dale af. Hannes het kwart pad omgedraai. Hy het besluit dit is ’n goeie idee om Wian se fiets te neem om terug te ry om die bakkie te gaan haal. Hy het so 200m gevorder en toe maar die fiets kamp toe gestoot, duidelik het hy lanklaas met ’n baiesukkel gery. Die res het voortgestap, papnat gereën en uiteindelik by die skool uitgekom. Nodeloos om te sê daar was niks van die memories oor nie, net ’n paar murasies en ’n stukkie van die brug tussen die bome. Wat ’n teleurstelling. Die stappers het teruggedraai en Hannes het ons so driekwart pad opgelaai en teruggeneem kamp toe, dankie tog! Hoe lekker was daardie drink dingetjie toe!

Andrea is tans in die hospitaal na ’n operasie. Andrea ons glo dat jy vinnig gaan aansterk en gou op die been sal wees. Pas jou mooi op die volgende ses weke en moet nie manewales aanvang nie. Crout manne hou ’n oog op haar, dat sy nie hande uitruk nie.

Die volgende saamtrek is die Paasnaweek vanaf 19 tot 22 April 2019 by Little Rock, Lady Brand.
Hou die groep dop vir die reëlings.

Volgende Uitspan!
Juan en Salome is die Marshalls.
Little Rock, Lady Brand
Die koste is soos volg.
R140 per staanplek per nag.
R50 per persoon.
R35 per kind vanaf 2 tot 18 jaar.

Belangrike datums vir hierdie tyd van die jaar.

Verjaarsdae: Leander Du Preez – 17 April

Tot die volgende kamp, pas julself op.

Trekkers Groete
Neels van Niekerk

Trekkers Outdoor Recreation Club
021 5571858
If you are interested in this please use this enquiry form powered by CaravanParks.com.

You must have javascript and cookies enabled to use this form






If you can see the following field please leave it blank
Send me a copy of this email

Latest News